#televisie — Public Fediverse posts
Live and recent posts from across the Fediverse tagged #televisie, aggregated by home.social.
-
Afrikaanse tekenprent nostalgie
Hierdie is sommer net ‘n vinnige terugblik na van ons ou Afrikaanse tekenprente wat destyds op SAUK televisie uitgesaai is.
Vandag word die vraag op WordPress se daaglikse skryfstimulus gevra: wat is jou gunsteling tekenprent, oftewel “cartoon?”
Ek is self nie ‘n groot aanhanger van tekenprente, strokiesprente ensovoorts nie. As gevolg van my siggestremdheid kon ek glad nie daardie boekies lees wat soveel ouers, onderwysers en ander bekommerde burgers hoofbrekens besorg het.
Die tekenprente wat op televisie vertoon was, het ek wel op my manier gevolg. Daar was bekende kenwysies wat aangedui het dat ‘n gleuf van tekenprente uitgesaai gaan word. Daar was die snaakse stemme van die karakters, veral op Amerikaanse tekenprente soos Bugs Bunny en vele andere. Daar was die geluide van aksies wat die karakters uitvoer, getekende karretjies waarmee hulle dalk gery het, snaakse liedjies wat deur die karakters gesing is ensovoorts.
Die gehalte van dialoog op hierdie tekenprente het soms gewissel. Die idee was immers dat dit tog ‘n tekenprent is en dat jy al die aksies moes sien. Juis daarom het Afrikaanse prente uitgestaan vir hulle goeie dialoog.
Dink maar aan Nuustak, oor die uil en verkleurmannetjie wat die nuusgebeure op ‘n komiese manier bespreek, of ou Katvis en Grootbek die haai se avonture. Hierdie prente is op die SAUK se oggendnuusprogram, Goeiemore Suid-Afrika, uitgesaai.
Gelukkig is ons steeds bevoorreg om van hierdie tekenprente op Youtube te kan hê sodat selfs jonger mense dit steeds kan kyk en geniet.
Kom ons begin eers met ‘n paar Nuustak prente.
Wat op aarde is ‘n ombutsman nou eintlik?
‘n Jong dienspligtige van Potchefstroom het sy naam met ‘n plank geslaan toe hy teen die naaldrots by Graskop opgeklim het en nie kon afkom nie.
Ou trapsuutjies het eksamen geskryf en deel van sy toetsvrae het oor geheue gehandel, maar daar slaan sy geheue mos toe en kon hy nie onthou wat hy geskryf het nie.
Nou vir ‘n bietjie Katvis, Grootbek en Vreeslose Freddie.
Dis omtrent ‘n heen en weer uitoorlê hierdie.
Hoe nou gemaak as die reus skielik sy stysel wil verruil vir vis?
Waar kan so ‘n stout, spuitende seekarkatjie jou nie laat beland nie, veral as jy dink jy is die haai en jy is so kwaai en die mees gevreesde ding op aarde.
Grootbek en Katvis ontsnap uit die Seeland Akwarium, maar waarheen nou?
Ek hoop julle het hierdie videos net so geniet soos wat ek dit geniet het om dit saam met julle te kon kyk en dit hier te plaas.
-
𝗟𝗮𝗮𝘁𝘀𝘁𝗲 𝗮𝗳𝗹𝗲𝘃𝗲𝗿𝗶𝗻𝗴 𝗘𝗿𝗶𝗰𝗮 𝗼𝗽 𝗥𝗲𝗶𝘀 𝗸𝗼𝗺𝘁 𝗽𝗮𝘀 𝗶𝗻 2025 𝗼𝗽 𝘁𝗲𝗹𝗲𝘃𝗶𝘀𝗶𝗲
De laatste aflevering van de Omroep MAX-serie Erica op Reis wordt pas in 2025 uitgezonden. Dat heeft de omroep dinsdag gemeld. "We zijn bezig met de voorbereidingen, meer details kunnen we op dit moment nog niet geven", zei een woordvoerder van MAX.
-
Samsung 55″ QLED Smart TV
Samsung 55Q74B 2022 Smart TV
Bon 04-2023 aanwezig
55″ Ultra HD 4K QLED scherm
4x HDMI
WiFi & Ethernet
Bluetooth
USB
inclusief afstandsbedieningNu voor maar:
€ 499,-Mail voor reservering
Product is af te halen onze winkel:
Winkelcentrum Woensel 81
5625AD […]#2022 #4k #55 #55Q74B #bluetooth #buy #cheap #contant #de #Direct #easy #eindhoven #full #garantie_ #gb #geld #goedkoop #hand #hands #hd #inch #inkoop #makkelijk #money #nintendo #pawn #products #QLED #refurbished #Samsung #scherm #second #sell #shop #simpele #smart #snel #store #televisie #the #trade #tv #twee #tweedehands #ultra #used #verdienen #verkoop #verkopen #we #werk #wifi #winkel
https://pawn.nl/producten/tvs_monitors/samsung-55-qled-smart-tv/